Die Afrikaanse Tribune

 

Sê dit soos dit is. Geen verskonings nie. Hier sal ons staan. Hier sal ons lewe.  

Die blanke Afrikaner mense in die republiek vandag, is besig om in een van die interessantste, maar ook mees uitdagende tye in te gaan.

 

Nooit in die geskiedenis van die Afrikaner nasie, was dit al ooit so belangrik om te veg vir die oorlewing en die toekoms van hierdie mooi volk nie.

Wat ons egter om ons raak sien, is ‘n groepering van mense wie onseker is oor hulle toekoms. Wat onseker is oor die toekoms van die land, en die toekoms van ons kinders.

Ons sien ons eie Afrikaner mense, wat soveel goed en mooi in hulle het, maar wat ook so vêr weg gedwaal het van die ware geloof, wat ons oor ‘n tydperk van meer as vier-honderd jaar, tot hier gebring het.

Dit, in ‘n neutedop, is waarom hierdie publikasie bestaan, en hoekom ons doen wat ons doen.

Ons passie vir die blanke Afrikaner volk, en die toekoms van die land, lei ons daartoe om ons mense op te bou, te motiveer, ‘n visie te gee en bekend te maak, dat as ons uitroep na ons God, dat Hy vir ons sal veg en dat ons die oorwinning in hierdie land sal behaal.

Dit brand in ons, om op te staan vir geregtigheid, identiteit en ‘n goeie lewe in die land waarin ons en ons voorsate gebore is.

 

Hoe doen ons dit?

 

Ons doen dit deur, binne sekere riglyne, nie toe te gee tot polities korrektheid nie.

Ons doen dit deur vir elke Afrikaner te wys dat daar ‘n beter lewe is, ‘n lewe van sterker man wees, ‘n lewe van karaktervolle vrou wees, en ‘n lewe waar ons kan veg vir ons, eie Europese ideale.

Ons doen dit deur nie meer stil te bly nie, maar uit te beeld, en uit te basuin, in watter moontlik opsig ook al, wie ons is, wat ons nastreef, en waarvoor ons staan.

Ons IS die nuwe Afrikaner generasie en ons IS, erg trots op wie ons is en waarheen ons op pad is.