Skiet voor jy geskiet word

Facebook Boereraad

Die Argief

Staan jou man  |  25 Junie 2018

Met verwysing na ‘n artikel geplaas op die gewilde Afrikaanse aanlyn publikasie, Maroela Media het Marthinus Strydom reguit gepraat oor die les wat ons daaruit moet leer.

Die artikel handel oor Jonty Jacobs wat om sy lewe geveg het na ‘n aanval op sy gesin gedurende die vroeë oggend ure.

Marthinus gee ons dan die gesonde boereraad as volg:

 

“Al hierdie insidente leer ons net een ding. Skiet voor jy geskiet word. Smeek help niks. Steek dood voor jy gesteek word. Moenie huiwer nie. Moenie luister na die wat sê jy gaan in die tronk beland nie.

Ek veg eerder in die hof as om dood te wees. As iemand in jou huis is dan maak jy hom vrek. Voor die voet. En jy maak seker hy is dood.

Steek wapens weg in die huis op verskillende plekke. Verkieslik messe. Onthou waar hulle is. Maak seker jou familie weet waar hulle is.

Moenie uit jou huis gaan as jy iets hoor nie. Sluit jouself toe. Maak seker jy het behoorlike diefwering. Moenie in die aand uit gaan nie. Wees by die huis voor dit donker is. Maak seker die kamers is beskerm met ‘n veiligheids hek.

Leer om jouself te verdedig. Hierdie is vir jou, en jou familie se oorlewing. Hierdie is ons realiteit. As jy wil oorleef beter jy begin fokus.”

 

Beter kan dit nie gesê word nie. Laat ons wakker wees en ag slaan op hierdie woorde. Dit kan dalk net jou, of jou gesin se lewens red.

Sê jou sê!