Kies om vas te staan

 

Deur Snyman Rijkloff

Die manne
“Een van die grootste gevare vir die toekoms van die Afrikaner nasie is die feit dat die nuwe generasie geen militêre opleiding het nie…”

Daar is ‘n geweldige groot waarheid wat ons nie wil erken nie.

Ja, ons Afrikaner mans en vroue praat nie graag daaroor nie.

Ons rykdom en welvaart het ons sag gemaak. Ons jonger generasie het nie die depressie jare geken soos die Amerikaners vroeër nie. Ook het ons jonger mense nie, aktief in militêre konflik, enige ervaring op gebou nie.

Ons nuwe generasie, sowel as van ons ouers, het in aansienlike gemak groot geword.

En soos enige persoon met selfs die kleinste bietjie verstand weet, gemak maak jou nie sterk nie. Gemak kweek nie selfdissipline nie. Gemak maak nie van jou die man (of vrou) wie jy gemaak is om te wees nie.

Dit is reg, gemak gee nie een persoon deursettings vermoë nie.

Eiegeregtigheid

 

Wat dit wel kweek is eiegeregtigheid.

In eie geregtigheid, is dit vir ons makliker om die vyand te blameer vir alles wat fout is in die land, eerder as om voor te berei vir die aanvalle wat reeds op die Afrikaner toegepas word.

In eie geregtigheid kyk ons na buite, wys die vinger en skud ons koppe in ongeloof.

Is dit werklik wie ons is?

Is dit werklik hoe ons wil hê die buite wêreld na hierdie Afrikaner nasie moet kyk?

Of wil ons op staan vir dit wat reg is, diep binne in ons self kyk en vra wat is dit wat ek vandag kan doen om daar te wees vir my Afrikaner volk.

“Wat is dit wat ek kan doen, om voor te berei, dapper te wees en as voorbeeld te staan, vir die harde, trotse, dapper nasie wie ons eintlik veronderstel is om te wees?”

Ja, die nuwe generasie het nie militêre opleiding nie, maar gaan kyk gerus in die boek van Rigters, wie dit is, wat die Here ons God gebruik het, om sy veldslae te veg.

Die tyd waarin ons lewe, kan van ons nasie een van twee dinge maak. Dit kan ons vorm in ‘n swak, slaphouding groepering van mense wat heeltyd kla oor hoe sleg dit met die land gaan, of dit kan ons laat saam staan, laat sterk staan en eerlik vir mekaar begin sê oor waar ons vandag is, en wat ons gaan doen om te kom waar ons as Europese blanke volk graag wil wees.

Dit is elke persoon se eie keuse.

Ek kies vandag om in plaas van vas te staar in die vyand en al sy baie misdade, op te kyk na Jesus Christus en ons Hemelse Vader, en uit Hom uit die krag en wysheid te ontvang, sodat ek enige vyand, enige plek, enige tyd kan verslaan.

Die Here seën jou, en die Here is met jou. Veilig wees en sterk staan.

Snyman

Sê jou sê!