Die Argief

‘n Projek om plaasmoorde te dokumenteer

 

Die Argief

Die Argief | 7 Junie 2018

Ons sal nie vergeet nie.

 

Laat ons nie die gesigte weg draai nie.

Laat ons nie anderkant toe kyk, as ons eie broers en susters, ons volkgenote besig is om te sneuwel nie.

Wanneer soldate op die slagveld staan en veg, weet hulle wat die risiko is. Maar ons het hierdie stryd nie gekies nie.

Ons het nie gekies dat ons ou mense, ons vrouens en kinders op so manier gemartel en vermoor moet word nie.

Vandag onthou ons hoe Piet Retief se geselskap, vrouens en kinders saam, deur die vyand vermoor is.

Vandag onthou ons hoe ons vrouens en kinders in die Engelse konsentrasie kampe gesterf het.

Laat ons die realiteit vol in die gesig staar.

Nie vir ons self nie, maar vir ons kinders.

Nie vir ons self nie, maar vir die toekoms van die Afrikaner volk.

Want eendag sal ons kinders vra wat in hierdie tyd gebeur het, en ons sal kan antwoord, dit is alles op geteken, en niemand sal dit ooit kan betwyfel nie.

Die doel

 

Die doel van hierdie blad is om elke plaasmoord, en elke moord wat in die stad deur die vyand teen die Afrikaner, gepleeg is, te dokumenteer.

Ons dokumenteer dit op so manier dat enige persoon daarna kan kyk en besef wat gebeur het, sonder om getraumatiseerd te wees oor die visuele materiaal, of oormatige beskrywings van gevoelens en emosies.

Ons hou dit feitlik en saaklik, tog op so manier dat dit wel die waarheid en realiteit ontbloot.

Alhoewel die doel hiervan nie internasionale bewusmaking is nie, sal elke inskrywing ook in Engels wees, vir die wêreld om te kan sien, wat eintlik hier aan die gebeur is.

Die langtermyn doel van hierdie projek is om die inligting in boek formaat te publiseer as geskiedkundige materiaal, sodat niemand in die toekoms, ooit sal twyfel of die gebeure van vandag regtig gebeur het nie. Dit sal deur ‘n nie-winsgewende organisasie gedoen word, ter voordeel van die Afrikaner volk as geheel.

Wat het ons nodig?

 

Wat ons dan nodig is die volgende:

‘n Mooi foto van die persoon wie vermoor is.*

Die naam / name van die oorledenes so wel as die ouderdomme

Die provinsie, distrik/munisipale area en dan ook of dit op ‘n plaas, ‘n kleinhoewe of in ‘n residensiële gebied plaasgevind het.**

‘n Kort beskrywing van wat gebeur het, en ook al die misdade wat gepaard gegaan het met die moord. Daar kan reguit gepraat word van wat presies met die mense, oupas en oumas en met die kinders gedoen is, ons sal wysig waar nodig.

Indien nie al die inligting beskikbaar is nie, kan gestuur word wat daar is, en ons sal dan daarvolgens werk. Indien daar ‘n saaknommer beskikbaar is, stuur dit ook gerus aan vir verifikasie doeleindes.

Alle inligting kan gestuur word na info@reinhuys.com

*Asseblief geen moord-foto’s of traumatiese foto’s van die persoon of persone nie. Ons wil ons mense as mooi onthou, en dit so hou vir die nageslagte.

** Die Suid Afrikaanse owerhede tref in statistiek vandag nie meer onderskeid tussen ‘n plaasaanval en ander moorddadige misdade nie. Ons het egter nie die owerhede se goedkeuring nodig om, self ons geskiedenis te dokumenteer nie.

Sê jou sê!