Die manne wat in die buiteland vir ons veg (Deel 1)

 

Deur Snyman Rijkloff

Die manne
Joernalis of aktivis, hierdie is die manne wat ons stories vertel.

 

Hierdie is die manne wat, teen spyte van publieke opinie, hulle nekke uitsteek en aan die wêreld bekend maak, die dinge waaroor ons self soms te bang is om oor te praat.

Hierdie is die mense wat die hard en die swaar van ons volk waarneem, en nie ander kant toe kyk nie, maar eerder pro-aktief ‘n verskil maak. ‘n Verskil wat nie een van ons eerlik kan se, nie nodig is nie.

Ons kan almal ons opinies oor verskillende lande, volke en nasies hê, maar wanneer dit kom by die doen, staan hierdie manne nie terug nie, en so behoort ons alle ondersteuning wat ons kan bied, vir hierdie manne te gee.

Daar is baie wat vir ons opstaan, en ons is aan elkeen baie dankbaar, maar hier is dan drie sulke manne, wie se voorbeeld ons met mening kan volg.

1. Avi Yemini

Avi Yemini
Avi is ‘n Australianer, ‘n Jood en ‘n uitgesproke politiese aktivis.

Die plaasmoorde in Suid-Afrika het ook onder sy radar gekom en hy het ‘n aansienlike hoeveelheid You-Tube videos gemaak vir bewusmaking.

Wat hom interessant maak is dat hy regtig ‘n hart vir sake soos die brutaliteit van plaasmoorde het.

Hy het tussen 2005 en 2008 as ‘n skerpskutter in die Israeli weermag gedien, waar hy meeste van sy tyd die Gasa streek beskerm het.

Hy het dus eerstehandse ervaring van hoe die vyand werk, die misdade waartoe die vyand in staat is en praktiese ondervinding van metodes van weerbaarheid.

Hy kan op YouTube gevolg word by  https://www.youtube.com/user/IDFTraining en sy Twitter rekening by @OzraeliAvi

2. Jonas Nilsson

Jonas Nilsson
Jonas is van Swede en het dit so stappie verder gevat. Hy het in baie goeie Europese standaarde, ‘n boere projek geloods wat ‘n professionele dokumentere program behels en gesien kan word by http://boerproject.com/

Hy praat nie net oor plaasmoorde nie, maar ook oor wat hy beskou as ‘n omgekeerde apartheid waarmee ons vandag te doen het. Sy werk sluit onder andere in, die wyer omvang van armoede en misdaad in Suid Afrika.

Sy dokumentêr op YouTube gelaai, draai amper by die negentig minute, maar is verseker die kyk werd.

Hy kan ook op Twitter gevolg word by @Jonas2Nilsson

3. Timothy Scott

Timothy Scott
Hier is nou ‘n interessante man. Hy sê ‘n ding reguit, en draai nie doekies om nie.

Ons is eintlik opsoek na manne van hierdie kaliber in Suid Afrika. Sterk in karakter en vreesloos in elke opsig.

Timothy is ‘n Brit, met ‘n sterk Engelse aksent, maar as daar een ding is wat by sy mond uit kom, dan is dit die waarheid.

Hy het ook sy tyd in die Britse weermag gedoen, en hy is nou redelik uitgesproke oor baie van die gevare in Suid-Afrika.

Timothy se video’s is almal op Facebook, en sal vir die jonger Afrikaners aansienlik inspireer om ook uit die kas uit te klim.

Hy word egter kort-kort deur Facebook kort geknip, of net blootweg geskors, so sy video’s is nie altyd beskikbaar nie, maar een van sy opinies kan hier gesien word.

Timothy Scott FB Video

Hy hardloop met die hashtag #AllOurLivesMatter

Sê jou sê!