Die blou-oog kind

‘n Gedig deur Snyman Rijkloff

Vreugdevolle helder blou oë
Glansend komplimentêr
Tot haar sagte kinderlike wit vel
Agt jaar jonk met ‘n prag wip-neusie
En dimpels om daardie ywerige mond
Wit, wit haar handjies
Wit, wit haar voetjies
Verstaan jy? Verstaan jy werklik?

Haar blonde hare in twee lokke
Oor haar rokkie spierwit vandag
So slim kind, wie sou kon dink?
Dis net liefde van oggend tot aand
Pa se trots, en hy vir haar ‘n rots
Wit, wit haar arms en bene
Wit wit haar vingers en tone
Verstaan jy? Verstaan jy werklik?

Die donker rooi bloed op haar wang
Die lewelose lyfie in die gang
Boetie, pa en ma ook plat
Besmet met rooi en barbaarse swart
In hierdie afskuwelike plaasmoord smart
Rooi, rooi die deur kosyne
Rooi, rooi die matte en gordyne
Verstaan jy? Verstaan jy nou die blou-oog kind?